KAARTJIES NOU BESKIKBAAR : Vonkelvrou ontbyt – 7 Okt 2011

Botha Kelder Vonkelvrou ontbyt bied aan “Blindemol” in samewerking met Trek Pleister  produksies tydens die Breedekloof Buitelugfees 2011.

Blindemol – “ek maak my oë toe vir die wêreld”
Yolandé Rabé en Sophia Wessels
Teks en Regie: Lucas Heinen

Blindemol is ‘n sketskomedie in kabaretstyl wat die hedendaagse bekommernisse van verskillende Suid-Afrikaners ondersoek. ‘n Satire wat skater en sny en jou uit jou gemaksone ruk.

‘n Uiteenlopende aantal karikature uit die Afrikaanse kultuur word gespeel deur  Yolandé Rabé en Sophia Wessels, beide ervare komedie aktrises in die teaterbedryf. Na 5 jaar span dié twee weer kragte saam ná hulle onderskeidelik prestasies op die verhoog behaal het.

Trekpleister is ‘n splinternuwe dinamiese produksiehuis wat fokus op kabaret-, gemeenskaps- en opvoedkundige teater en die bekwaamhede van Yolandé, Sophia en Lucas inspan.

Wanneer: 7 Oktober 2011
Tyd: 09:00
Kostes: R180p/persoon ontbyt ingesluit

Indien U sou belangstel om Hierdie vertoning te sien, skakel gerus vir Marilee by 023 355 1740

Sorry, comments are closed for this post.