In the news
Events
Links

Tel :         +27 (0)23 355-1740
Fax :        +27 (0)23 355-1615
Email :  admin@bothakelder.co.za
Open :
Mon–Fri 08:00–17:00
  Sat 10:00–13:00
Wine Route :
Breedekloof
click on map to enlarge
News

Jongwynskou Streek Uitslae 2010

Botha kelder het die volgende behaal in die Jongwynskou:
• Kampioen Port
• 1 Klaswenner
• 8 Silwer Medaljes
• 12 Brons Medaljes

Dus het slegs 4 van die ingeskrewe 24 wyne nie toekennings ontvang nie.

Hoop dit inspireer almal om Botha Kelder te kom besoek... waar kwaliteit, diens altyd eerste kom.

Kliek hier on die Pinotage Jongwyn Proe berig af te laai.

Kampioen Port saam met die produksie span.

Gerrit van Zyl (Kelderbestuurder), Michiel Visser (Senior Wynmaker), Johan Linde (Produksie Bestuurder), Paul Malan (Wingerdboukundige), Annamarie van Niekerk (Assistent Wynmaker), Pierre Hugo (Assistent Wynmaker).

Botha Soetes en Sop 2010

Botha Soetes en Sop 2010….Watter beter kombinasie wil mens nou in die winter hê! Botha kelder het gesorg dat die besoekers van ore tot tone warm gehou word met ‘n heerlike Kerrie-hoender sop en Botha Port, Rooi Jerepiko en Hanepoot Jerepiko. Vermaak vir almal het gesorg dat die dag ‘n reuse sukses was. Die mans is vermaak met die rugby , terwyl die vrouens hulle self verloor het tussen die klere en juwele van Nelia B. Plaasprodukte was ook te koop aangebied deur Rietdakkie padstal, terwyl die pannekoeke jou terug neem na jou ma se kombuis. Kom kuier gerus weer by Botha Soetes en Sop……..2011 met ‘n heerlike tuis atmosfeer!

Home - About Us - History - Wine - Order - Gallery - News - Contact Us